Is jy 'n katmens? Dan sal jy weet dat hulle fassinerende wesens is, elkeen met hul unieke streke. 

Maar daar is dalk 'n paar feite oor Mnr. Snorbaard waarvan jy nié geweet het nie.

1. Hulle sweet deur hul pote

Daai ougat kussinkies onder hul pote wat soos 'n onderstebo beertjie lyk, is die plek waardeur katte sweet. Dis hoekom jy in die somer, wanneer hulle meer sweet, hul voetspore op hout- en teëlvloere kan sien.

2. Katte kan seewater drink

Geen wonder hulle is sulke beroemde seevaarders nie. Met oorgenoeg rotte en onbeperkte seewater tot hulle beskikking is hulle in hul element op 'n skip. Dis omdat hul niere so sterk en doeltreffend is dat katte soutwater kan drink en gehidreer bly.

3. Katte het nie 'n suikertand nie

Dit lyk of katte weens 'n genetiese mutasie nie soet kan proe nie. Hou jou kat van roomys? Dis die vet daarin wat hy geniet.

4. Katte hou van roetine

Glo dit of nie, as katte se roetine versteur word, sal hulle omgekrap voel, nie 'n eetlus hê nie en dalk siek word.

5. Hul snoet is hul vingerafdruk

Jou kat se snoetafdruk kan op sy ID-bewys pryk, want elke kat s'n is uniek.

Vir nog interessant feite lees hier.