Die Suid-Afrikaanse swemmer Cameron van der Burgh koester die oomblik in Rio toe die silwermedalje om sy nek gehang is. Op 28 is sy swemfut nog lank nie uit nie; hy dryf homself en Tokio wag, want ... êrens kyk ’n laaitie op na hom.

Vroeër vanjaar by die Olimpiese Spele in Rio het Cameron die eerste medalje vir Suid-Afrika verower: ’n Silwer in 58.69 sekondes. ’n Trotse oomblik nie net vir hom nie, maar vir die hele Suid-Afrika.

Herleef weer die oomblik:

5 dinge wat niemand van jou weet nie:

- My tweede toon is langer as die eerste een.

- Ek het ’n fobie vir kieme (germophobe).

- Ek vernietig kussings in hotelle. As dit te groot is, verwyder ek die binnegoed. My nek raak seer as ek op ’n té hoë kussing slaap.

- Die reuk van bloukaas is nie vir my nie.

- Nefeli (sy verloofde) op hoë hakke is sexy, maar terselfdertyd haat ek dit ook ’n bietjie, want dan is sy effens langer as ek. [Lag.]

3 years today with the captain of my life @nef_val

A photo posted by Cameron Van der Burgh (@cameronvdburgh) on

Lees nou

Candice en Paul verwag hul eersteling

Marciel skryf oor 2016: Ek’t gegroei

Die één haarstyl wat by álmal pas