Augustus is vrouemaand, daarom is dit belangrik om vir die volgende 7 dae behoorlik vrouwees te vier. En SARIE se Augustus-uitgawe is 156 bladsye vol inspirasie, wenke, bekendes, kos en vele vele meer!

Hoekom 7 dae? Daar is nog net 'n paar dae oor om jou Augustus-uitgawe aan te skaf. Spring voor dit uitverkoop!

Hier's vyf redes:

1. Die foto's waarvoor almal gewag het

Verlief, verloof en vennote. In 'n intieme onderhoud gesels die silwerskermpaartjie en verloofdes Ivan Botha en Donnalee Roberts oor die liefde en Stroomop. Pragtige foto's van die talentvolle paartjie kleur die onderhoud in. Jy wil dit nie misloop nie!

Ivan Botha en Donnalee Roberts FOTO Marijke Willems

2. Tamaryn Green se eerste groot mode-fotosessie

Mej. SA speel model vir SARIE. Sy wys jou hoekom rooi in jou klerekas hoort!

FOTO Katinka Bester

3. Prinses Charlene en supermodelle Candice Swanepoel en Behati Prinsloo oor SA kos

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, het gaan uitvind watter kosgeure dié drie vroue mis. En hy maak spesiaal resepte vir hulle.

FOTO'S Getty Images/ Gallo Images

4. Afrikaanse skrywer Riana Scheepers se eerste rubriek as die nuwe Laaste sê-skrywer

Moenie dié roerende Laaste sê mis nie.

FOTO Riana Scheepers/ Facebook

5. Jou vyf skoonheidswapens

SARIE Voorbladgesigwenner, Tana Ferreira, speel model. En bekendes deel hul skoonheidswapens - die slimste wenke nog!

FOTO Marijke Willems

En nog redes:

- 30+ inspirerende vroue

Cindy Swanepoel tot Jill Levenberg deel lewenslesse, oomblikke en meer.

- Geskenkbewyse ter waarde van R1000

In die uitgawe kry jy geskenkbewyse van Cotton On, UCook, Antjies, Spree, Urban Decay en Van Loveren.

- Wen 'n R50 000-vakansie

Jy en vier vriendinne staan 'n kans om 'n onvergeetlike Oranjerivier-vakansie te wen. In die nuutste SARIE vertel ons jou hóé.

- 7 Gratis rooifluweel-resepte

Saam met die nuwe uitgawe gee Herman 'n plakkaat propvol rooifluweel-lekkertes. Hierdie resepte sal tuis word in jou kombuis.

Steeds nie oortuig nie? Laat Donnalee Roberts jou vertel in die nuwe TV-advertensie: