Die winter het eers gegroet en die lente begin alte lekker kuier hier by ons. Ja, binnekort is dit tyd vir son, see en someruitrustings.

Met die koms van ’n nuwe seisoen is die versoeking groot om al die nuutste modes te koop. Ongelukkig is dit vir die meeste van ons ’n duur storie, veral met die rand wat so sukkel-sukkel.

Jy kan gelukkig steeds stylvol lyk sonder om onnodig geld uit te gee. 

SARIE se stilis, Magdel Muller, gee haar top-spaarwenke vir die somer.

Spaarwenke vir jou somer-kopies

1. Koop op uitverkoping. 

As jy graag interessant wil lyk en items afwissel, koop eerder op uitverkopings. Met deesdae se mid-seisoen-uitverkopings hoef jy nie té lank te wag nie. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images

2.  Koop skoon en neutrale kleure soos wit.

Dit verskaf 'n goeie basis vir meng en pas en sal jou ver bring. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images

3.  Belê in ’n bloes of rok met ’n blommotief. 

Dit bly modern en sal 'n hele paar seisoene hou. Hou dit interessant deur jou bykomstighede af te wissel.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

4. Skaf ’n paar goeie sandale aan.

Nie net sal dit jou uitrustings mooi afrond nie, dit sal ook meer as een seisoen hou.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

5. Kyk waarvan jou klere gemaak is.

Klere van ’n kwaliteitstof soos linne of katoen sal langer mooi en netjies bly.

FOTO Getty Images/ Gallo Images