Dis meestal bekendes wat aardige name uit ’n hoed ruk vir hul bloedjies. Dink maar aan Kim Kardashian en Kanye West se North, Saint en Chicago. Of Chris Martin en Gwyneth Paltrow se Apple en Jamie en Jools Oliver se jongste, River Rocket.

In Amerika en Engeland kan jy jou kind basies enigiets noem. Tog is daar lande in die wêreld wat sekere name verbied het. 

Volgens Business Insider is veral 10 lande streng.

Photo Taken In Zürich, Switzerland
FOTO Getty Images / Gallo Images

Denemarke

Dié Skandinawiese land het ’n lys van 7 000 goedgekeurde babaname. Wil jy jou kind iets anders noem, moet jy eers toestemming kry. Maar daar is vyf name wat jy op jou maag kan skryf, want dis ’n reuse-aikôna.

Jakobp

Monkey

Pluto

Anus

Ashleiy

Frankryk

Franse howe het die reg om ’n babanaam af te keur indien hulle meen dit kan tot ’n lewenslange gespot lei. Name wat al afgekeur is, is:

Nutella

Strawberry

Deamon

Prince William

Mini Cooper

Duitsland

Dié land duld nie nonsens as dit by babaname kom nie. Kinders mag nie na objekte genoem word of vanne of geslagsneutrale name kry nie. Enige name wat hulle kan verneder, is verbode. En van dié name kan jy vergeet:

Adolf Hitler

Osama bin Laden

Matti

Kohl

Stompie

Nieu-Seeland

Selfs die Kiwi’s sit hul voet neer. Dié vyf name is al verbied:

Talula Does The Hula From Hawaii (ja, jy lees reg)

Lucifer

Fat Boy

Sex Fruit

Cinderella Beauty Blossom

- Vir nog name wat verbied is, besoek Business Insider.