“Dit is hoekom ons die episode ’n ouderdomsbeperking van PG13V gegee het.”

Dít kom nadat die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (BCCSA) bevind het dié sepie het die uitsaaikode oortree met Herman se selfmoordpoging. Verskeie kykers het hieroor gekla en onder meer gesê dis ontstellend en onsensitief.

“Ons verstaan en respekteer die BCCSA se bevinding en sal in die toekoms meer nadink oor sensitiewe tonele,” sê Colin.