Is jy ’n kranige musikant, sanger of danser? Of is jy dalk ’n fenomenale akrobaat of belowende kulkunstenaar? 7de Laan, een van Suid-Afrika se gunsteling-sepies, soek jóú unieke talent in hul landwye talentkompetisie.

Hoopvolles moet ’n treffende video van hul talent via hierdie aanlyn inskrywingsvorm oplaai. Individue en groepe van tot vyf mense kan inskryf.

Daarna sal ’n paneel, wat bestaan uit 7de Laan-vervaardigers, -regisseurs en ervare talent-agente, besluit watter deelnemers sal deurdring na die oudisie-fase van die kompetisie. Uiteindelik gaan 12 finaliste van oor die hele Suid-Afrika op die kassie teen mekaar meeding. Wie weet, dalk vermaak jy ons binnekort op SABC2!

Die 7de Laan-span gaan die volgende streke tussen 20 Januarie en 3 Maart besoek:

Limpopo/ Mpumalanga

Vrystaat/ Kwazulu- Natal

Noord- Kaap/ Noord-wes

Gauteng

Wes-Kaap

Oos-Kaap

Kry meer inligting HIER.