Met nuus van terrorisme, rassisme, seksisme, geweld, moord en korrupsie elke dag is 'n goedvoel-storie altyd broodnodig. Een so 'n storie, dié van die 84-jarige Des Manahan en sy vrou, Mona, het die kuberruim nou omtrent oorgeneem.

In die 56 jaar wat hulle al getroud is, kon Mona nog altyd deur 'n ring getrek word. Haar grimering en hare was altyd eksieperfeksie gedoen. Maar met die jare het haar oë begin ingee. Dit was later so erg verswak dat sy nie meer die kwas behoorlik kon sien nie. Boonop het haar hand so gebewe dat sy gesukkel het om die oogskadu egalig op te sit.

Vir haar verjaardag het Mona besluit om 'n professionele grimeerkunstenaar te gaan besoek. Sy wou graag behoorlik gegrimeer wees vir haar verjaardagpartytjie daardie aand. Dis toe dat Des besef het hy kan sy vrou help. Terwyl die grimeerkunstenaar besig was om Mona mooi te maak, vra Des of hy kan oorneem. Sedertdien doen Des elke oggend Mona se grimering, en die res is geskiedenis.

Die storie het tot die hart van Kim Kardashian se grimeerkunstenaar, Mario Dedivanovic, geroer. Hy het die egpaar na sy meesterklas in Londen genooi. Tydens die klas het Mario vir Des gevra om 'n paar wenke te deel!

Hier is hul roerende verhaal: