Hierdie week gee LinkedIn vir alle gebruikers gratis toegang tot meer as 5 000 aanlyn kursusse!

Jeff Weiner, LinkedIn se hoof- uitvoerende beampte, het vanoggend ’n e-pos gestuur met dié aankondiging. LinkedIn is ’n sosialemediaplatform wat daarop fokus om jou beroepsnetwerk uit te brei en jou in aanraking te bring met mense wat dieselfde belangstellings het, jou kan inspireer en raad gee. Dit het ook skakels na besighede wat jou moontlik kan werk gee.

In September 2016 is LinkedIn Learning begin. Hiermee bou jy aan meer as net jou netwerk - jy kan ook jou vaardighede uitbrei.

leer FOTO Unsplash / Helloquence

In Jeff se e-pos aan LinkedIn-gebruikers sê hy dat dit nog altyd ’n groot droom van hom was om onderrigsisteme te verbeter. Daarom kondig hy die 'Week of Learning' aan. Hierdie week sluit aan by hul visie: om ekonomiese geleenthede te skep vir elke lid van die internasionale werksmag.

Van 24 tot 30 Oktober kan jy hier inskryf vir enige aanlynkursusse; van bemarking tot finansies, rekeningkunde tot sosiale media, jy kan soek na enigiets wat jou belangstelling sal prikkel. Jy kan meer van enige veld leer; dit hoef nie net binne jou beroepsbeskrywing of LinkedIn-profiel te val nie.

Soos Jeff dit stel, dis al hoe meer belangrik om aan te hou leer vir die beroepe van die toekoms en nie net daardie beroepe wat nou al iets van die verlede is nie.

Lees ook

#9tot5: Só kry jy daai werk

#9tot5: Haal hierdie woorde uit jou CV uit!

7 geheime van mense wat spaar