"Julle voorbladmeise is ongelooflik natuurlik STUNNING! Regtig my in my spoor gestop en meer as 2 keer laat kyk. (Ek moes nader stap en staar!). Ek is 'n 41-jarige vrou en ons vroue kyk maar soms van nature vir mekaar op straat - maar haar gesig oorwin enige inklinasie tot jaloesie! Perfek beoordeel!"
- Marleen, SARIE-leser

"Vandeesmaand se voorblad is van die heel mooiste waaraan ek nog gewerk het. Die foto het my asem weggeslaan. Alrie Velleman van Port Elizabeth, wenner van ons Voorbladgesig-wedstryd, wat meer as 3 000 inskrywings landwyd getrek het, is ’n voorbladgesig duisend. Daar’s ’n heilsaamheid en eerlikheid. Sy’s sensueel, maar ook the girl next door. Dis daai wonderlike bos hare, mooi mond en oë wat sê: Ek’s SARIE, kom ons gesels! Vir ’n beter ambassadeur kon ons nie gewens het nie." - Michélle van Breda, SARIE-redakteur

“Alrie is die mees elegante en amazing mens wat ek al ontmoet het!” spog Michael met sy beeldskone meisie. Dit gaan vir my lekker wees om in ’n winkel in te stap en stapels SARIE’s met Alrie se gesig op te sien. Ek is geweldig trots.” - Michael van Vuuren, Alrie se kêrel en Cheetah-haker
(Lees die volle onderhoud hier)

ONTMOET AL 10 FINALISTE HIER


ONTMOET ALRIE VELLEMAN (20) VAN PORT ELIZABETH:

Hoekom het jy ingeskryf?
My ma het gesê dit lyk of die kompetisie ’n ongelooflike geleentheid kan wees. Toe dink ek jy kan nie ’n vis vang as jou lyn nie in die water is nie.

En toe jy hoor jy’s in die top-10?
Ek dink baie meisies het ’n droom om ’n model te wees. Dis nie iets wat ek najaag nie, maar as dit oor my pad kom, sal ek dit met albei hande aangryp. Ek vat die kompetisie nou net stap vir stap.

As jy wen ...
Hierdie is ’n geleentheid wat net een keer in jou lewe verbykom. Ek drink nou elke oomblik hiervan in. Ek glo als is in jou oë. Hopelik kom my dankbaarheid vir die geleenthede wat ek kry deur op die foto’s.

Wie is jou gunsteling-voorbladgesig?
As klein dogtertjie was ek mal oor Anna-Mart van der Merwe. Sy’s beeldskoon en daar is iets misterieus aan haar.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Avontuurlustig, mal oor uitdagings, dankbaar, deurmekaar. Ek kan soms deur die blare wees.

Wat is altyd in jou handsak?
My beursie en Labello.

Hoeveel paar skoene is in jou kas?
As ek moet kies tussen skoene en ’n boek, koop ek eerder die boek. Tog kry ek, soos enige vrou, my oomblikke dat ek splash op ’n duur paar skoene.

Kyk hier na Alrie se oorspronklike inskrywing

Volg SARIE op Twitter en Facebook