Net ’n paar minute nadat Chanel Murrish gebore is, het sy die jongste Britse baba geword wat ’n opehartoperasie ondergaan en oorleef het, berig The Mirror.

Maar vóór haar geboorte het dokters Chanel se ouers gewaarsku dat daar ’n groot moontlikheid was dat sy nie sal oorleef nie. Op 20 weke swanger het hulle vir die Murrish-egpaar gesê dat Chanel twee operasies moet ondergaan en sy het net ’n 50% kans op oorlewing ná die eerste een. Sy gaan ook as sy ouer is ’n hartoorplanting moet kry.

Hulle moes ’n moeilike besluit maak, maar Chanel het uit die baarmoeder vir hulle ’n teken gegee. Hulle glo dat Chanel tydens ’n ondersoek vir hulle thumbs up gewys het as ’n manier om vir hulle te sê sy sal veg.

Baba Chanel Chanel gee 'n teken dat sy sal aanhou veg
FOTO: The Mirror

En veg, het sy geveg. Net ná haar geboorte het sy haar eerste operasie gehad omdat die een helfte van haar hart nie geklop het nie. ’n Week later moes dié klein lyfie deur nóg ’n operasie.

Maar nou word sy sterker by die dag ...

FOTO:  The Mirror FOTO: The Mirror

Lees die volledige storie HIER.

Het jy ’n inspirerende storie wat jy wil deel? Stuur dit aan lucelle.hough@sarie.com.