Barbara Joubert en Herman Lensing, ons kosredakteurs, gaan hul resepte met jou deel op ’n wêreldklas-verhoog. Van Suid-Afrika se top-kunstenaars gaan ons vermaak, en die eerste is SARIE se eie Nataniël! Hy sal die Extravaganza se seremoniemeester wees terwyl lesers by swierige tafels aansit en behoorli bederf word. Elke maand onthul ons nog ’n kunstenaar en “geheim” van die Extravaganza. Hou SARIE, SARIE KOS en sarie.com dop vir meer inligting oor die geleentheid. Merk sommer dadelik die datums in jou dagboek!

HOE BESPREEK EK?

Saterdag 22 Oktober
Waar: Gallagher-landgoed, Midrand
Saterdag 5 November

Waar: Kiks, Kaapstad

Tyd: 09h30 vir 10h00
Prys: R595 per persoon

Besprekings open 15 Augustus. Bel Ingrid by 021 446 5135, weeksdae van 09h00 tot 16h30.
Beperkte hoeveelheid kaartjies