Vroue babbel heerlik saam
Die aantal plaaslike vroue-bloggers het die manne verbygesteek. Wel, net-net. Volgens Speak Up!, 24.com se opname oor SA se blogger-gemeenskap, is daar sowat 48,2% manlike bloggers teenoor 51,8% vroue.

Besoek gerus dié blogs deur of vír vroue:

Karen Hart

Blogger: KAREN HART van Kaapstad.

Dié TV-joernalis se groot passie is kos. Toe begin sy stories daaroor op haar blog skryf. En duisende mense lees en kook saam.

Klik hier om haar blog te lees.

Marié Heese

Blogger: MARIé HEESE, dogter van die geliefde skrywer Audrey Blignault, is self vaardig met woorde. Haar jongste pennevrug het pas verskyn. The Double Crown (Human & Rousseau), is 'n historiese roman oor die vroulike farao Hatsjepsoet. Op haar blog, Marié Heese is Boekdol, skryf sy oor boeke, lees en skryf.

Klik hier om haar blog te lees.

Sue Green

Blogger: SUE GREEN van Pietermaritzburg.

Twee jaar gelede het sy nie eens geweet wat 'n blog is nie. Nou is alles wat in dié boekhouer se lewe gebeur, moontlike materiaal vir haar lighartige blog.

Klik hier om haar blog te lees.

Candy Tothill  

Blogger: CANDY TOTHILL van Johannesburg.

Jy kan onder meer haar gedigte en essays lees - en jou mening daaroor lug. As sy nie blog nie, is sy 'n konsultant vir groot maatskappye oor sake soos hul sosiale verantwoordelikheidsprogramme.

Klik hier om haar blog te lees.

Blogger: TALYA GOLDBERG, 'n student van Kaapstad, is 'n multiblogger.

Op haar persoonlike blog skryf sy oor "alles en almal wat ek liefhet''. Op alittlebitofheaven.wordpress.com bemark sy haar kunswerke. Sy versorg ook die blog van Christel House, 'n nie-winsgewende organisasie wat 'n private skool vir minder bevoorregte leerders op die Kaapse Vlakte bestuur. 

 

En hier's 'n lekker Britse een:

www.whatkatiewore.com

Joe, Katie se vriend, neem elke dag 'n foto van haar. Haar uitdaging: om elke dag van die jaar 'n ander uitrusting te dra. Joe vertel die storie agter die klere en die res van die wêreld lewer kommentaar


Boek word blog Die oorsprong van Tertia Albertyn van Kaapstad se boek So Close (Oshun, 2006) was 'n blog. Sy het in April 2004 met die blog begin - 'n maand voor sy die negende keer in vitro-behandeling gekry het, en drie maande nadat haar seuntjie, Benjamin, in haar arms dood is. Hy was tien dae oud. Die in vitro-bevrugting (IVB) was suksesvol en haar tweeling, Adam en Kate, is nou 5. In Mei vanjaar is Max, haar "oeps"-baba, gebore - op die natuur se manier gemaak. Destyds het sy op haar blog geskryf oor haar gesukkel om swanger te raak. Só gewild was dit dat uitgewers haar gevra het om dit as 'n boek uit te gee. Haar blog www.tertia.org is nog steeds baie gewild, maar deesdae skryf sy oor alledaagse dinge. Tertia is betrokke by Nurture, 'n eierskenkingsprogram.


Tertia Albertyn se So Close

Hoe begin ek blog?

Besoek net een van die groot blog-verskaffers en volg die aanwysings. Dit gaan jou enkele minute kos. Goeie wegspringplekke is: