Turia Pitt, ’n 26-jarige atleet wat brandwonde tydens ’n bosbrand opgedoen het, is op die voorblad van ’n Australiese vrouetydskrif omdat sy so inspirerend is, berig Huffington Post. Turia is 3 jaar gelede in ’n bosbrand vasgevang terwyl sy aan ’n ultramarathon deelgeneem het. 65% van haar liggaam het verbrand. Ná byna 100 operasies en 864 dae in die hospitaal wat sy om haar lewe geveg het, het sy besluit om haar storie te vertel en ’n motiveringspreker te word.

Turia, wat voorheen as ’n ingenieur gewerk het, vertel graag haar inspirerende verhaal en dien ook op die tydskrif Women's Weekly se paneel vir die jaarlikse "Women of the Future"-toekennings.

Maar die redakteur van dié vrouetydskrif het besluit dat Turia self op die voorblad moet wees omdat sy nie toegelaat het dat die ongeluk haar onderkry nie.

Nadat Turia haar voorblad gesien het, het sy gesê dít wys vir haar dat selfvertroue gelyk is aan skoonheid.

Turia Pitt

Ons dink dis baie dapper van die inspirerende Turia! Wat dink jy van dié voorblad? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!