Eers was dit die Hollywood-aktrise Gwyneth Paltrow, toe ons Suid-Afrikaanse skoonheid Rolene Strauss en nou's dit die Puerto Ricaan Stephanie Del Valle. Ja, dit lyk of sagpienk die een kleur is wat vir jou geluk kan bring. Dis as jy nou na dié wenners kyk.

In 1999 het die aktrise Gwyneth Paltrow in ’n sagpienk Ralph Lauren-rok by die Oscars opgedaag en later die aand het sy weggestap met die goue beeldjie vir beste aktrise. Die prys was vir haar spel in Shakespeare in Love.

In 2014 het Rolene Strauss in ’n droommooi sagpienk Casper Bosman-rok die titel van Mej. Wêreld verower.

Volgens Werner Wessels, suksesvolle stileerder, wys ’n kleur soos rooi jy voel selfversekerd en sensueel, terwyl ’n ligte babapienk dui op vroulikheid en ’n sagte persoonlikheid.

Hy het juis besluit om ’n sagpienk te gebruik vir Rolene se kroningsrok in 2014.

“Dit sou haar soos ’n prinses laat voel. Sy wou vir die wêreld haar sagte vroulikheid sein. Die rok is ook gebaseer op ’n roos, aangesien sy van Bloemfontein, die Rosestad, kom. En sy is boonop gekroon in Engeland, waar die roos die nasionale blom is."

Gister is Mej. Puerto Rico, Stephanie Del Valle, as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Sy't ook ’n sagpienk skepping gedra.

Wie weet, dalk dra hierdie einste kleur ’n stukkie geluk?

Lees nou

Só hou Donnalee en ander bekendes vakansie

Só vier Naas en Karen Botha Kersfees

Is Kylie Jenner verloof?