Die storie is vandeesweek deur die Franse tydskrif L’ Express aangebied, maar die Pienk Paleis ontken dit ten sterkste.

Prins Albert se prokureur, Thierry Lacoste, het gesê die gerugte "is malligheid. Dit is heeltemal vals. Ek was drie dae gelede saam met Albert en Charlene in Parys en ek kan jou belowe alles is piekfyn tussen hulle."

Lacoste beplan glo om regstappe te neem teen L’Express, berig huffingtonpost.com.