Maak seker jou foto's kry daardie likes en double taps, want die geheim van mooi foto's, perfekte selfies en pragtige uitlegte is toe so maklik soos om jou App Store te besoek of Pinterest-advies af te laai.

As jy jou herinneringe vasvang, maak seker dit lyk mooi met dié app en Pinterest-advies.

VSCO

Screenshot_2016-01-20-16-15-22

Wat: Hierdie app word sterk aanbeveel deur selfs professionele fotograwe. As jy al die funksies wat VSCO bied gebruik, is dit ’n hele nuwe sosialemedia-platform. Dit bied vir jou ’n wye verskeidenheid opsies om foto's te manipuleer.

Funksies: Sodra jy VSCO afgelaai het, moet jy inteken, maar jy het nie nodig om dit te doen as jy net jou foto's wil redigeer nie. VSCO hou ook al jou foto's op die app, wat dit lekker maak om terug te gaan en weer aan ’n foto te werk of van voor af te begin.

Hoekom: Hierdie app is ongelooflik maklik en doen omtrent alles waarvoor jy kan vra. As jy inteken, kan jy ook raad lees van ander gebruikers en na hul foto's kyk. VSCO kry gereeld nuwe filters by wat jy kan aankoop of verniet kan aflaai.

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

Soek na VSCO-advies op Pinterest

Weg is die minute wat jy self moet spandeer deur te soek na filters vir jou foto of oor en oor die helderheid en skerpheid van die foto te verander en te toets. Hierdie oulike prente wat jy op Pinterest kan vind, doen die dinkwerk vir jou. Kies ’n prent waarvan jy hou en verstel jou foto op VSCO nes hul aanwysings.

Hier is ’n paar wat jy kan aflaai vir gebruik:

Lees ook

2 nuwe Instagram-funksies! Só maak mens …

Neem só die perfekte selfie

Wat jy moet weet oor threading