’n Mens sou reken die foto wat die meeste likes op Instagram kry, is iets soos ’n kat wat Chopin op ’n klavier speel. Maar die kiekie wat tans die gewildste op dié sosialefotonetwerk is, is niks anders as die nederige eier nie.
Jy lees reg. Dop en al het dié eier reeds 38 miljoen likes gekry. O, omelet!
Dis meer likes as wat Kylie Jenner, miljardêrsakevrou en koningin van Instagram, vir haar gewildste foto ooit gekry het. Op 6 Februarie verlede jaar het Kylie ’n foto van haar eersteling, Stormi, gedeel. In ’n oogwink het dit 18,1 miljoen likes, ’n wêreldrekord, gekry.
Die foto is nou nie meer die gewildste nie:
Só lyk die foto wat koning kraai!
Hoekom juis dié eier? Is dit die gehalte van die foto? Die vlekkies op die eier? Die perfekte ovaal? Nee, die eier wou net meer likes as Kylie se foto’s kry.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET