Verhoudings in Hollywood hou gewoonlik nie lank nie. Dikwels duur dit net ’n paar maande voor die bekendes se paadjies skei. Verlede jaar het talle bekende paartjies die handdoek in gegooi - dink Brangelina, Lady Gaga en Taylor Kinney, Liev Schreiber en Naomi Watts, Kate Beckinsale en Len Wiseman, Kat Dennings en Josh Groban, Taylor Swift en Calvin Harris, Joshua Jackson en Diane Kruger, Anne-Marie Duff en James McAvoy, Summer Phoenix en Casey Affleck, Drew Barrymore en Will Kopelman, Dennis en Kimberly Quaid. En vele talle meer.

En die afgelope naweek het die komediant Ben Stiller en sy aktrise-vrou, Christine Taylor, aangekondig dat hul paadjies ná 17 jaar gaan skei Die paartjie het twee kinders Ella Olivia (15) and Quinlin Dempsey (11), berig Today.

Is daar enigsins hoop vir liefde in Hollywood?

via GIPHY

Maar daar is ’n paar uitsonderings. Bekendes soos Tom Hanks, Meryl Streep en Kevin Bacon se verhoudings staan ná al die jare steeds sterk.

Dié bekendes is al vir jare saam:

Matt Damon en Luciana Barroso

In 2003 was Matt besig om die rolprent Stuck on You in Miami te verfilm. Een aand wou die span ’n bier gaan drink, maar Matt was glad nie lus om saam te gaan nie. Ná veel oorreding het hulle hom tog saamgesleep. En toe Matt sy voete in die kroeg sit, sien hy vir Luciana Barroso, ’n kelnerin agter die toonbank. Sy asem was weggeslaan. Die paartjie is in 2005 getroud en het vier kinders.

Julia Louis-Dreyfus en Brad Hall

Die akteurspaartjie het in 1987 getrou en is al 29 jaar getroud. Julia en Brad het twee kinders.

Dolly Parton en Carl Dean

Dié ikoon van country en haar sakeman is al vir 50 jaar getroud.

Victoria en David Beckham

Die twee is in 1999 getroud en het reeds vier kinders - drie seuns en ’n dogtertjie.

Cindy Crawford en Randy Gerber

In 1998 het dié supermodel besluit om vir ’n tweede keer te trou nadat sy van haar eerste man, Richard Gere, geskei het. 18 jaar later is Cindy steeds met Randy getroud en hulle het twee kinders.

Snoop Dogg en Shanté Broadus 

Snoop en Shanté is al sedert hoërskool ’n paartjie en het in 1997 getrou. Hulle het drie kinders.

Ellen Degeneres en Portia DeRossi

Die oulike paartjie het in 2004 begin uitgaan en het in 2008 getrou. Hulle is ná 8 jaar steeds bymekaar.

Michelle Pfeiffer en David E. Kelley

Die beeldskone Michelle het in 1993 vir David ontmoet en dieselfde jaar met hom getrou. Ná 23 jaar is hulle steeds verlief en het twee kinders, Claudia en John.

Bono en Alison Hewson

Die hoofsanger van die Ierse rockgroep U2 het in 1982 met sy vrou, Alison, getrou. Hulle het vier kinders en is reeds vir 34 jaar getroud.

Kevin Kline en Phoebe Cates

Die paartjie is al vir 27 jaar getroud en het twee kinders.

Sarah Michelle Gellar en Freddie Prinze Jr.

Sarah Michelle en Freddie het mekaar in 2000 begin uitgaan. Twee jaar later het hulle besluit om te trou. Hulle is al vir 14 jaar getroud.

Tom Hanks en Rita Wilson

Die Oscar-wenner Tom en die aktrise Rita is al vir 28 jaar getroud. En saam het hulle twee kinders.

Meryl Streep en Don Gummer

Aktrise Meryl Streep en die kunstenaar Don Gummer is al vir 38 jaar getroud. Hulle het drie dogters en een seun.

Sarah Jessica Parker en Matthew Broderick

Die akteurs is al vir 19 jaar getroud en het drie kinders.

Goldie Hawn en Kurt Russell

Hulle is nooit getroud nie, maar die twee is al die afgelope 33 jaar ’n paartjie.

Denzel en Pauletta Washington

Die Oscar-wenner en sy vrou is al vir 39 jaar ’n paartjie.

Hugh Jackman en Deborra-Lee Furness

Die paartjie is in 1996 getroud en het twee aangenome kinders.

Colin Firth en Livia Giuggioli

Dié Engelse Oscar-wenner is al vir 19 jaar met sy Italiaanse vrou getroud. Hulle het drie kinders.

Oprah Winfrey and Stedman Graham

Oprah, die koningin van klets, is al vir 30 jaar in ’n verhouding met dié sakeman.

Kevin Bacon en Kyra Sedgwick

Die paartjie praat nie sommer oor hul verhouding van 28 jaar nie. Hulle het ’n seun en ’n dogter.

Ja, Hollywood-verhoudings kan hou!

via GIPHY

Lees nou

RSG se Martelize nou aktrise

Akteur Emmanuel Castis gesels uit Hollywood