Die Huffington Post het onlangs berig dat Amerikaanse ouers al hoe meer geneig is om “vintage” babaname te kies.

Name soos Aida, Faye, Eloise, Dorothy, Olive, Vera, Jane, Eleanor, Nora, Mabel en Frances is gewilde keuses vir dogters. En Clyde, Otto, Everette, Theo, Henry, Emmett, Turner, Wallace, Hugh en Enoch vir seuns.

Sou hierdie ou Afrikaanse name ook die lys gehaal het?

Vir dogters:

Daleen

Anne-Marie

Klaradyn

Heleen

Audrey

Eileen

Susanna

Mardaleen

Alida

Cecilia

Elisa

Vir seuns:

Tertius

Etienne

Breyten

Barend

Brandt

Renier

Eugene

Merwe

Petrus

Frederik