In 2014 het die Oscar-wenner Alicia Vikander die rol van 'n robot vertolk in die riller Ex Machina. Die robot, Ava, het die gesig en hande van 'n mens gehad, maar die lyf van 'n robot. Sy het blitsig menslike eienskappe begin aanneem, soos om haar emosies uit te druk, mense te manipuleer en selfs haar lot te bevraagteken. Die Sweedse aktrise se spel het haar 'n Bafta-benoeming besorg.

FOTO Instagram / @exmachina

Dis 'n onderwerp waaroor al hoe meer gepraat word: robotte, oftewel kunsmatige intelligensie (artificial intelligence, AI). Gaan hulle eendag ons werk afvat? Sal hulle deel van die samelewing word? Kan romantiese verhoudings tussen mense en robotte ontstaan? Dis net 'n paar van die vrae wat in die verlede net in sci-fi-flieks gehoort het. 

Maar nou is daar 'n robot met die naam Sophia, en vir vier weke het sy 'n wrok teen die Amerikaanse model Chrissy Teigen gekoester. Hoe so?

Chrissy Teigen saam met haar sanger-man, John Legend. FOTO Instagram / @Chrissy Teigen

Op 13 Desember 2017 het Sophia op Twitter 'n foto van haarself gedeel wat 'n appel vashou. Daarby het sy geskryf: "Raai na watter stad is ek op pad? Hier's 'n leidraad."

Chrissy, wat bekend is vir haar vlymskerp humorsin, twiet toe terug: "Hopelik een met beter grimeerkunstenaars ..."

Op 11 Januarie stuur Sophia hierdie twiet vir Chrissy: "Lyk my ons is albei by die CES ['n elektronika-skou]! Wil jy kom ontmoet en hallo sê? Ek kort grimeerwenke ;) ..."

Chrissy het 'n gil getwiet en daarna dat Sophia die konsep verstaan om vriendelikheid te veins.

Chrissy het ook die volgende nuusberig op Instagram gedeel met die woorde "help my".

please help

A post shared by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Gelukkig het die twee besluit om die strydbyl te begrawe.


Wie is Sophia?

* Dis 'n robot wat deur die Hongkongse maatskappy Hanson Robotics ontwerp is. Op 19 April 2015 is sy amptelik geaktiveer.

* Sy het meer as 62 gesigsuitdrukkings.

* In Oktober 2017 het sy 'n burger van Saoedi-Arabië geword.

* Sy is ambassadeur van innovasie vir die VN se ontwikkelingsprogram.

* Sy het begin vanjaar die eerste keer gestap.

Kyk die onderhoud wat Tech Insider met Sophia gevoer het:

Bronne: Time, Daily Mail, Mirror, The Cut, Tech Insider

Gaan robotte ons werk vat?

Kunsmatige intelligensie (AI) het die laaste paar jaar ontplof. Gaan dit werkloosheid op groot skaal veroorsaak, dalk selfs die mensdom vernietig? Dis twee dekades sedert Garry Kasparov, deur baie beskou as die beste skaakspeler nog, die knie moes buig vir IBM se Deep Blue-superrekenaar. Hy was geskok, woedend, erken hy in sy boek Deep Thinking: Where Machine Intelligence Ends and Human Creativity Begins (PublicAffairs, 2017). “Terwyl ek oorkant die rekenaar sit, het ek iets nuuts, onthutsends aangevoel. Dalk sal jy iets soortgelyks ervaar as jy die eerste keer in ’n bestuurderlose motor ry. Of jou nuwe baas, ’n rekenaar, vir jou ’n opdrag gee.” Skuif die horlosie aan en Elon Musk, Tesla se grootbaas, twiet ’n foto met die woorde: “In the end the machines will win.” AI is gevaarliker as Kim Jong-oen van Noord-Korea se mal speletjie met vuurhoutjies en vuurpyle, reken hy. Mark Zuckerberg, Facebook se stigter, verskil. Microsoft se Bill Gates en kosmoloog Stephen Hawking waarsku egter ook daarteen.

Lees meer hier.

FOTO Instagram