Die Amerikaanse nuustydskrif Time het hul Persoon van die jaar aangewys: 'The Silence Breakers', vroue en mans wat teen seksuele teistering/geweld uitgepraat het. 

Die afgelope paar maande het groot name in Hollywood se loopbane, soos die van vervaardiger Harvey Weinstein en Oscar-wenner Kevin Spacey, gekrummel ná slagoffers teen hul uitgepraat het. 

Bekendes soos Ashley Judd, Rose McGowan, Anthony Rapp en Terry Crews het vreesloos hul eie stories gedeel. In die Time-uitgawe vertel mense van verskillende agtergronde en beroepe oor hul eie ervaring. 

Lees die volledige storie hier.

Op die voorblad verskyn vroue onder meer die Grammy-wenner Taylor Swift en voormalige Uber-ingenieur Susan Fowler. Maar daar is ook 'n vrou, wie se elmboog net gesien kan word. Dit simboliseer al die vroue wat seksuele teistering en seksuele geweld ervaar.

Kyk Ashley Judd se roerende onderhoud met Good Morning America:

Die aktrise Tracee Ellis Ross was Dinsdagaand gas-aanbieder op Jimmy Kimmel Live. Sy het 'n boek, Handsy Man, geskryf wat sy voorgelees het. Kyk die video hier: