Het jy ook met 'n (heerlike) skok besef môre is 'n vakansiedag? Ja, ons word bederf met 'n middel-van-die-week-ruskans. 

As jy nog nie planne het vir môre nie, nooi ons jou uit vir 'n oggend vol eersteklas vermaak: Kos, twee kos-bekendes en 'n sepiester! 

Ja, môreoggend om 11:00 by die Atterburyteater in Pretoria begin die SARIE Fees. Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, en die bekroonde sjef Chantel Dartnall van die restaurant Mosaic ontvang elk 'n mandjie met bestanddele waaruit hulle iets gaan optower. Die Suidooster-ster Gideon Lombard (hy vertolk die rol van Stefan Gerber in dié gewilde sepie) kuier saam terwyl hulle kook.

Ons beloof 'n oggend van pure vermaak én inspirasie!

Koop jou kaartjies hier.

En jy's verder genooi!

Die SARIE Fees het elke dag tot Sondag heerlike vermaak gekry. En elke dag is die bekende SARIE Winkel se deure oop in die Atterburyteater, waar plaaslike handgemaakte produkte gekoop kan word.

Donderdag, 22 Maart

Om 10:00 deel Drs. Rolene & Ledivia Strauss deel wenke, inspirasies en vele meer.

Donderoggend (22 Maart)  is propvol inspirasie. Saam gesels hulle oor uiterlike en innerlike skoonheid, hoe jy gemotiveer bly en balans in jou lewe handhaaf. Rolene deel ook lesse uit haar tyd as Mej. Wêreld.

Koop kaartjies hier.

FOTO Instagram / @rolenestrauss

Om 20:00 is Jo Black reg om harte warm te sing.

Die Donderdagaand (22 Maart) kom vermaak Jo Black gehore met sy diep stem. Hy sing nie net nie, maar deel ook die stories agter van sy gewilde liedjies soos Skepe.

Koop kaartjies hier.

FOTO Phyllis Green

Vrydag, 23 Maart

Om 20:00 sal Schalk Bezuidenhout jou laat skaterlag.

Vrydagaand is die Hotel-ster en komediant aan die beurt. Dit sal Schalk op sy beste wees, in ’n vertoning wat heelwat nuwe materiaal en vlymskerp sosiale kommentaar insluit.

Koop kaartjies hier.

FOTO Instagram / @schalkbezuidenhout

Saterdag, 24 Maart

Om 20:00 bekoor Drie van die Bestes

Matthys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus - bekoor al vir 20 jaar gehore met hul stem, humor en stories. Kom luister Saterdagaand (24 Maart) hoe hulle treffers soos "Somer" en "Stuur groete aan Mannetjies Roux" sing.

Koop kaartjies hier.

FOTO Verskaf

Sondag, 25 Maart

Om 17:00 sal Kaleidoskoop vermaak.

Die naweek eindig Sondag laatmiddag (25 Maart) met 'n gratis glas wyn en die akoestiese klanke van die talentvolle duo van Kaleidoskoop. Kom kyk hoe sing hulle oor die liefde, lewe en vele meer. 

Koop kaartjies hier

FOTO Verskaf