Dis tyd vir nuwe gesiggies, want wie kan nou ál hul gevoelens met net die alfabet oordra? Kyk die 56 nuwe emoji's. Watter een dink jy gaan jy die meeste gebruik?

Die Unicode Consortium is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat die standaard bepaal vir emoji's wat toestelle die wêreld oor kan lees. Hulle skryf die kodes, wat eenvoudig beteken as jy op jou iPhone ’n glimlaggende gesiggie stuur vir iemand met ’n Android-foon, kan daardie persoon dit so lees.

Maar die konsortium bepaal ook watter emoji’s volgende ontwikkel gaan word, en hierdie week het hulle 56 nuwes bekendgestel. Dis beskikbaar vir lede soos Apple, Samsung, Microsoft, Windows en vele meer om te koop en hulle tegnologie mee op te gradeer.

Hopelik sien ons die nuwe gesiggies een van die dae ook op WhatsApp!

Hier is die nuwe emoji's:

emoji FOTO Skermgreep (Unicode)

emoji FOTO Skermgreep (Unicode)

emoji FOTO Skermgreep (Unicode)

emoji FOTO Skermgreep (Unicode)

emoji FOTO Skermgreep (Unicode)

emoji FOTO Skermgreep (Unicode)

emoji FOTO Skermgreep (Unicode)

emoji FOTO Skermgreep (Unicode)

Watter een is jou gunsteling?

Lees nou

Belê geld sonder om eers te dink!

Kwaad as iemand hard kou of sluk? Dís hoekom

Bly só veilig op die internet