Julle het daarvoor gevra en Facebook het geluister! Mark Zuckerberg het gister tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie aangekondig dat ’n 'dislike'-knoppie een van die dae op dié sosiale media-netwerk beskikbaar sal wees, berig BBC News

Tog is dié knoppie nie noodwendig daar om te wys hoe baie jy iemand se kookvernuf, kat of kroos verpes nie. Volgens E! Online meen die 31-jarige entrepreneur die 'dislike'-knoppie kan gebruik word om empatie te betoon wanneer hartseer nuus, soos die dood van ’n geliefde, gedeel word.

Bronne: E! Online en BBC News

Lees ook