Oor die jare was sy al alles van ’n renjaer tot ’n ballerina. Met haar kenmerkende pop-mooi voorkoms, wat ná meer as ’n halfeeu nog nie regtig verander het nie, is Barbie 56 jaar jonk!

Volgens Barbie Media het Ruth Handler, medestigter van Mattel, op 9 Maart 1959 die eerste Barbie bekend gestel.

Dié pop, wat nog altyd deur ’n ring getrek kon word, het al in verskeie ontwerpersklere gepronk. Boonop is verskeie ikoniese vroue al in Barbie se beeld vereer.

Barbie as Marilyn Monroe, die sekssimbool van die 1950's en vroeë 1960's.  

FOTO:  barbiecollector.com FOTO: barbiecollector.com

Hier is Barbie die aktrise Farrah Fawcett, wat danksy die eerste seisoen van Charlie's Angels in 1976 bekendheid verwerf het. 

barbiecollector.com barbiecollector.com

Titanic se Rose DeWitt, wat in 1997 deur die bekroonde Kate Winslet vertolk is.

 barbiecollector.com barbiecollector.com

 Mode-ikoon Audrey Hepburn in Breakfast at Tiffany's. 

FOTO:  barbiecollector.com FOTO: barbiecollector.com

 Cher, ook bekend as die godin van pop-musiek het naam gemaak met liedjies soos "Strong Enough". 

FOTO:  barbiecollector.com FOTO: barbiecollector.com

Lees ook