Die vlinders in haar maag vlieg nou behoorlik rond. Die voormalige Mej. Aarde Ilzé Saunders trou Saterdag, 4 Februarie, met haar sielsgenoot en beste vriend, Dewald Buys.

"Om die troue te beplan was ongelooflik lekker gewees. Ek het dit só geniet, want events reël is deel van my lewe. Dis tweede natuur. Maar wat alles nóg makliker gemaak het, was Dewald. Hy was deel van elke liewe proses," vertel sy aan SARIE.com.

FOTO Stroopsoet FOTO Du Wayne Photography

Ilzé kan nie haar lewe sonder dié stads-en-streeksbeplanner indink nie.

"Hy ondersteun my in als wat ek doen. Elke mylpaal, elke droom is hy daar vir my."

En hy lewe ook groen?

"Ja, hy het ’n groot liefde vir diere. Vandat ek hom leer ken het, leef hy groen. Hy is ook mal oor boer. Sy pa en sy ooms het ’n plaas naby Heilbron in die Vrystaat."

Die paartjie het mekaar op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ontmoet.

"Ek was in my eerste jaar en Dewald in sy derde. Ek kan my universiteitsdae nie sonder hom indink nie. En ek het net geweet hy is my trouman."

Dewald ondersteun nie net vir haar nie, hy bederf haar ook in oorvloed.

"Hy is ’n groot voorstander van bederf! Elke mylpaal of oomblik in ons lewe vier ons as klein victories."

FOTO Stroopsoet FOTO Du Wayne Photography

FOTO Stroopsoet FOTO Du Wayne Photography

FOTO Stroopsoet FOTO Du Wayne Photography

Ilzé en Dewald verjaar ’n dag uitmekaar, op 9 en 10 November. In 2015 het Ilzé die naweek van haar verjaardag wakker geword met nie die vaagste benul dat ’n verrassing op haar wag wat haar lewe gaan verander nie.

"Ek het opgestaan en geweet Dewald beplan iets vir die dag. Maar toe bel my vriendin en sê ek moet haar 11:00 by die restaurant Tasha's ontmoet. Toe ek daar opdaag, is al my vriendinne daar met geskenke en ek besef Dewald het dit als saam met my vriendin beplan."

Twee uur later bel Dewald.

"Hy sê toe ek moet Kaap toe kom, hy wag vir my. En daar haal my vriendin ’n vliegtuigkaartjie uit. My vriendinne het ’n tas vol nuwe klere vir my gegee. En toe is ek Kaap toe, een van my geliefste plekke."

Later die dag by The Bay Hotel in Kampsbaai het Dewald in die restaurant vir Ilzé gevra om te trou.

"Ek het net gesê: 'Natuurlik, natuurlik sal ek met jou trou.' Dit was ’n ongelooflike dag."

FOTO Stroopsoet FOTO Du Wayne Photography

FOTO Stroopsoet FOTO Du Wayne Photography

Kyk hul pragtige verlowingsvideo:

Hou SARIE.com dop vir Ilzé en Dewald se groot dag.

Lees nou

60-jarige skitter as swembroekmodel

Ons is opgewonde oor . . . Lynelle Kenned!

Paartjie skud saam 100 kg af