Die Amerikaanse fotograaf Mandy Parks het onlangs ’n roerende fotosessie gedeel wat soos ’n veldbrand op die kuberruim versprei het. 

In die foto’s staan die getroude paartjie Kelsey en Charlie Johnson in ’n pragtige veld. Charlie lyk pragtig in ’n pienk rok, haar blondelokke gekrul. Die volgende oomblik sit Charlie voor ’n spieëltafel, Charlie begin om haar hare af te skeer. ’n Emosionele oomblik wat deur Mandy vasgevang is.

“Dankie dat ek die seer, die skoonheid kon vasvang,” het die fotograaf op Instagram geskryf.

Kyk die roerende foto’s hier:

View this post on Instagram

#fightlikeagirl

A post shared by Mandy Parks Photography (@mandyparksphotography) on

Bors-biopsie: Dís wat jy moet weet

As toetse wys jy het dalk kanker, is ’n biopsie die enigste manier om met sekerheid vas te stel of dit wel so is. Maar die meeste bors-biopsie-uitslae is goeie nuus. ’n Biopsie behels die verwydering van vloeistof of weefsel van ’n verdagte plek in jou bors, volgens die Amerikaanse kankervereniging (www.cancer.org). ’n Patoloog ondersoek dit dan onder ’n mikroskoop vir borskanker.

Lees meer hier.

FOTO Getty Images / Gallo Images

As dokter skielik pasiënt is

Sy was altyd die een wat ander moed ingepraat het. Toe word dr. Trusia Burgers van Somerset-Wes met borskanker gediagnoseer. Die siekte wat haar lewe ’n jaar lank oorheers het ...

As sy nou terugkyk op haar kanker-reis, besef sy dit was nodig dat sy dié siekte vanuit die perspektief van die pasiënt, pleks van die dokter, moes ervaar. “Vóór ek kanker gekry het, was my identiteit hoofsaaklik aan my beroep gekoppel. Nou besef ek dat ek eerstens ’n kind van die Here is. Daarna kom al my ander rolle – ma, eggenoot, dokter, vriendin.”

Lees meer hier.

Trusia saam met haar man, Bharn, en kinders, Mieke (5) en Herman (3), op Nature’s Valley se strand. FOTO Verskaf