Party paartjies trou in ’n kerk, ander paartjies trou onderwater en sommige paartjies spring sommer uit ’n vliegtuig uit. Maar toe Ashley Schmeider (32) en James Sisson (35) verloof geraak het, het hulle summier besluit om nie ’n gewone troue te hê nie. Aikôna, ná ’n jaar se beplanning (en ’n strawwe oefenprogram) het hulle op Everest getrou! Dit het 3 weke gevat, deur sneeu en ysige temperature, om die basiskamp te bereik. Die avontuurfotograaf Charleton Churchill het hul vergesel. Vir meer oor hul storie klik hier. As ons so na die foto's kyk was dit beslis die tog werd.