LOL. HAHA. WMJ? Afkortings wat ons daagliks op WhatsApp gebruik. En veilig, want die meeste van ons weet wat hierdie internet-slang beteken.

Maar as jy 'n aanhanger van emoji's is en nie jou storie ken nie, kan jy op jou neus kyk ... deur per ongeluk die verkeerde een aan jou ouers, kollegas of nuwe liefde te stuur. #awkward

Ja, die meeste emoji's is heeltemal voor die hand liggend: hartjie, lemoen, blom, lipstiffie. Maar 'n paar moet jy liefs reg gebruik. #eggplant

5 emoji's wat ons verkeerd gebruik:

1. Ons dink sy gooi haar hare oor haar skouer, maar eintlik is sy die ontvangsdame wat inligting verskaf. Het jy dit verwag? LOL.

FOTO Emoji

2. High five? Nee glad nie. Die emoji beteken biddende hande. Jy gebruik dit wanneer jy aandui jy bid vir iemand.

FOTO Emoji

3. Dit lyk soos 'n huilende emoji, maar dui inderwaarheid verligting aan. Die druppel is nie 'n traan nie, maar sweet. Toemaar, van ons hier in die SARIE-kantoor het dit ook verkeerd gebruik. 

FOTO Emoji

4. En baie van ons het gedink die emoji met die tong wat uithang, is die tergende emoji. Verrassing, jy het jou kos so geniet dat jy jou lippe aflek! #lekker 

FOTO Emoji

5. Is dit 'n soentjie of fluit hy 'n deuntjie? 'n Soentjie!

FOTO Emoji

Het jy geweet?

Die eerste emoji is in 1999 ontwerp toe die Japannese 'n selfoon ontwikkel het. Die woord emoji beteken picture (e) en character (moji). Dis in die Oxford-woordeboek opgeneem.