Vir baie mense is dit lekker om ná ’n lang dag terug te sit en ’n glasie wyn te geniet… Maar dalk wil jou hond ook graag ontspan ná ’n dag van slaap, speel of blaf. Nou kán Wagter ook ’n bak van sy eie chardonnay drink terwyl jy aan jou glas teug.

306cdf_1eb0963d00914987ac7ce10c9c3d9d8a~mv2 FOTO Apollo Peak

CharDOGnay is ’n nuwe bederf vir honde, maar voor jy begin grom dat alkohol baie sleg is vir jou troeteldier, moet jy weet dat dié drankie darem alkoholvry is. Dit is ’n “wyn” wat spesiaal vir honde gemaak word deur die Amerikaanse maatskappy Apollo Peak. Nog ’n wyn in Apollo Peak se hondereeks is ZinfanTail

FOTO: Unsplash FOTO Unsplash

Hulle het vroeër vanjaar ook wyn vir katte bekend gestel.

FOTO: www.apollopeak.com FOTO Apollo Peak

Soos ZinfanTail word CharDOGnay uit ’n mengsels van kruie en beetwortels gemaak en lyk dit op ’n hondehaar na soos die ware Jakob vir mense. ZinfanTail is ’n “rooiwyn” vir honde en dit bevat ook pepermentblare, wat glo goed is vir ’n onstelde maag en help om naarheid te bekom.

306cdf_feb9e82f8e0f4206b66077f08eaee08f~mv2 FOTO Apollo Peak

Soos dit ’n goeie wyn betaam, is dié wyn nie goedkoop nie. Jy sal nagenoeg R240 vir ’n bottel betaal. Koop dit aanlyn hier!