Nou blyk dit vreugde is nie net in die regte wêreld aansteeklik nie, maar ook op die internet! Dieselfde navorsers het glimlagte op Facebook-profiele vergelyk en dieselfde patroon ontdek: Selfs aanlyn skaar glimlaggende mense hulle by ander glimlaggendes. Hulle het ook gemiddeld 15% meer nabye vriende as hul suurder eweknieë. Bron: Die Britse digitale tydskrif Wired