Onlangs het jou haasbekkie breëbors gestaan vir sy of haar eerste skoolfoto. Die uniform is effens groot, die skoene blink en die tas pronk op die rug.

Jy brand om die foto met familie en vriende te deel. En dalk laai jy ook sommer vinnig ’n kiekie op sosiale media – dit was immers ’n groot dag én jaar!

Maar pasop ... jou kind se veiligheid is in gedrang. Ongelukkig is die kuberruim ’n speelplek vir gevaarlike mense. ’n Eenvoudige foto van jou kind in sy/haar nuwe skooluniform kan baie meer verklap as wat jy dalk dink.

Hou só jou kind veilig, indien jy ’n foto op sosiale media deel:

-       Moenie die skool “tag” nie.

-       Verdoesel die skoolwapen op jou kind se uniform.

-       Moenie jou kind se naam as ’n hutsmerk gebruik nie.

-       Moenie jou kind voor jou motor afneem nie.

Skurke kan dié inligting gebruik om jou kind te teiken!

kykNET-aanbieder Tracey Lange deel ook die volgende wenke op die sosialemedia-platform Instagram.

SKERMGREEP Tracey Lange / Instagram Stories