Jy het wraggies nie gedink jou verjaardag gaan in ’n kwarantyn-partytjie ontaard nie. Wie sou kon raai dat daai langtafel net vir me, myself and I gedek sou word, jy slegs ’n solo-uitvoering van "Happy birthday" gaan hoor en net jou skaduwee vir geselskap gaan hê?

Moenie laat dit soos ’n donker wolk oor jou nuwe lewensjaar hang nie. Danksy vandag se tegnologie kan jy nou op verskeie maniere ’n virtuele makietie hou. Die voordeel? Jy gaan geld spaar!

Probeer dié apps:

1. Houseparty

Dis nou een van die gewildste apps om af te laai. Nie net kan jy met jou vriende kuier nie. Julle kan ook op dié app speletjies speel soos Trivia, Headsup en meer. Dis beskikbaar vir sowel android- as iPhone-toestelle. Nes WhatsApp gaan jy jou eie profiel moet skep.

Só gebruik jy die app:

2. Zoom

’n App waarmee jy met vriende, kollegas of kliënte kan gesels. Jy stel die datum en tyd van die afspraak op wat dan ’n private skakel genereer met ’n ID-kode wat elke persoon moet intik om by die partytjie of vergadering aan te sluit. Dit beskerm jou en ander gebruikers se privaatheid.

Só gebruik jy die app:

3. Google Hangout

Dis Google se eie “weergawe” van Zoom. As jy aangemeld is op jou Gmail-rekening, kan jy sommer die webweergawe gebruik. Om deel te wees van die partytjie moet een persoon ’n “new conversation” skep en die skakel vir almal stuur. Jy sal dan maklik kan bel en gesels.

Só gebruik jy die app:

4. WhatsApp

Dit bly ’n staatmaker! Jy kan ’n video-oproep na jou gunsteling-groep maak en saam kuier. ONTHOU: Die meeste mense met wie jy op een slag kan gesels is drie.

Só gebruik jy die app:

5. Netflix Party

Dis op Google Chrome beskikbaar en net een persoon hoef dit op sy rekenaar te installeer. Nou kan jy en jou vriende saam ’n fliek of reeks kyk, terwyl julle daaroor “gesels” in teks-formaat.

Só gebruik jy die app:

Nou toe, verander weer in daai sosiale vlinder.