Om ’n premature baba in die wêreld te bring is angswekkend. Dit is waardeur die fotograaf Benjamin Scot en sy vrou moes gaan toe hul seuntjie Ward 15 weke te vroeg gebore is. Hy het Ward se eerste lewensjaar op kamera vasgevang.

Ward het sy eerste 15 weke in die hospitaal se intensiewe eenheid deurgebring. Pa Benjamin is ’n professionele fotograaf en het klein Ward se reis van premature baba (hy het net 680g by geboorte geweeg) tot ’n sterk 1-jarige seuntjie op kamera vasgevang. Die hartroerende video is besig om vinnig oor die internet te versprei.

Hoe kan jy babas help wat prematuur gebore is? Lees hier

Lees Hanri se storie hier: "My baba is gebore op 26 weke – en sy leef!"

Bron: The Stir