Die "SABC 8"-joernalis Suna Venter is oorlede. Sy was maar 32 jaar oud. Haar kollega Foeta Krige het die hartseer nuus aan News24 bevestig. Suna was een van die agt joernaliste wat vroeër afgedank is oor hulle beswaar gemaak het teen Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof, nie gewelddadige betogings wou uitsaai nie, berig Netwerk24. Sewe van die agt is later heraangestel. Suna het ingestem tot ’n onderhoud met die SARIE-joernalis Marguerite van Wyk. Die onderhoud sou volgende Vrydag in Johannesburg plaasgevind het. Die onderhoud sou veral gegaan het oor die trauma wat sy die afgelope paar maande ervaar het.

"Ek was verbysterd toe ’n SARIE kollega SMS Suna is dood. Ons het nog op 6 Junie ge-WhatsApp dat ons mekaar om 13:00 op 7 Julie in Melville, by Café de la Crême sou ontmoet om oor haar erge ondervindings te praat. Vroeër, toe ek met haar wou praat, was sy in die hospitaal - sy het ’n paar weke later ná my SMS, baie ordentlik verskoning gevra dat sy nie reageer het nie. En selfs antwoorde op ’n paar epos-vrae verskaf. Maandag, vandeesweek, was daar nog ’n foto op FB waar sy en haar ma drankies gedrink het. Syt gelukkig gelyk. Ekt uitgesien om haar te ontmoet," het Marguerite aan SARIE.com gesê. Die verklaring van die Venter-familie:

Luidens dié verklaring was Suna vroeër met met die harttoestandgediagnoseer  streskardiomiopatie of "gebroke hartsindroom".

Wat is "gebroke hartsindroom"?

*Artikel deur Lydia van der Merwe het oorspronklik in SARIE se Augustus 2016-uitgawe verskyn.

’n Paar jaar gelede het ’n groep dokters by die Johns Hopkinsuniversiteit in Baltimore, Amerika, verslag gedoen oor ’n seldsame maar potensieel dodelike harttoestand wat deur akute emosionele of fisieke stres veroorsaak word. Stresverwante kardiomiopatie gebeur skielik – die hartspier se vermo. om saam te trek verminder tydelik. Die media het dit gebrokehart-sindroom gedoop. Dis eerste waargeneem by vroue wat ’n traumatiese emosionele gebeurtenis beleef, soos die dood van haar man, volgens heart.org, die webtuiste van die Amerikaanse hartstigting.

Vroue is dan ook meer geneig as mans om die skielike, intense borspyn - die reaksie op ’n opwelling van streshormone - n. ’n stresvolle gebeurtenis te kry. Emosioneel kan dit die dood van ’n geliefde wees, egskeiding, argument, verraad of verwerping. Fisiek weens beroerte, probleme met asemhaling (bv. weens asma of emfiseem) en hewige bloeding. Eintlik enige gebeurtenis wat ’n skokreaksie by jou ontlok. Selfs ’n “lekker” een, soos as jy die Lotto wen. Dit word gevind by 2% van mense wat ’n koron.re angiogram kry omdat ’n hartaanval vermoed word, maar dis vir seker ondergediagnoseer, volgens die webtuiste sciencealert.com.

Dit kan verkeerdelik as ’n hartaanval gediagnoseer word omdat die simptome dieselfde is, verduidelik heart.org. Maar anders as ’n hartaanval, is daar geen teken van verstopte slagare nie. By gebrokehart-sindroom vergroot die linkerkantse hartkamer tydelik en pomp stadiger. Die res van jou hart funksioneer normaal, of het selfs meer kragtige sametrekkings. Dit kan lei tot ernstige korttermynhartversaking. In uitsonderlike gevalle selfs jou dood.

Maar meestal is dit behandelbaar. Die hartspier word nie permanent beskadig nie en die meeste mense herstel heeltemal binne ’n paar weke. Die risiko is boonop laag dat dit weer gebeur, volgens heart.org.

Simptome

Dit kan soortgelyk wees van die van ’n hartaanval, insluitende angina (borspyn), kortasem en lae bloeddruk. Ook arritmie (ongereelde hartklop) en kardiogeniese skok (’n skielik verswakte hart kan nie genoeg bloed voorsien vir die liggaam se behoeftes nie en d.t kan dodelik wees), sê heart.org. Kry jy gereeld simptome soos kortasem en borspyn as jy stres, gaan dokter toe vir toetse. Die kanse is egter skraal dat dit gebrokehart-sindroom is.