2020 het die wêreld op sy kop gedraai. En om hierdie vreemde topsy turvy-jaar te hanteer, het sommige mense na hul slimfone gegryp om hulself op die platform TikTok uit te druk.

Danksy hierdie sosiale media platform het (vreemde) tendense soos wolkbrood, #PillowChallenge, #WAPchallenge, dalgona-koffie, #BlindingLightsChallenge, plaatkoekiepap, #ThePlankChallenge en nacho-tafel die lig gesien.

Maar dis nie net op TikTok waar uitdagings kop uitsteek nie. Op YouTube, Instagram en Facebook het die Jerusalema-uitdaging soos ’n veldbrand versprei. Ja, lande soos  ondermeer Spanje, Italië, VSA, Brittanje, Angola, Zimbabwe, Tanzanië, Kenia en selfs Swede het al geJerusalema.

Die Jerusalema Challenge is wêreldwye fenomeen! FOTO’S Skermgrepe van verskeie Youtube-video’s

Jerusalema wat?

“Jerusalema” is trots Suid-Afrikaans! Dis ’n lied deur die Suid-Afrikaanse musikant en vervaardiger KG Master. Op hierdie vuurwarm lied sing Nomcebo, ’n talentvolle sanger ook van Suid-Afrika.

Die musiekvideo, wat 9 maande terug vrygestel was, is al meer as 134 miljoen keer op YouTube gekyk!

En volgens die musiek-app Shazam se amptelike Twitter-blad is “Jerusalema” die lied wat wêreldwyd die meeste geShazam is. Aitsa!

Luister hier:

Waar het die uitdaging begin?

KG Master het aan die internasionale nuuskanaal Al Jazeera verklap dat ’n groep vriende van Angola het ’n video verfilm wat wys hoe hulle op sy lied dans. Dit het gou soos ’n veldbrand versprei en ’n #JerusalemaChallenge het gevolg.

Dokters in Swede het daarop gedans, kinders van Tanzanië, ons eie Metro Polisie en selfs Italiaanse nonne en priesters het hierdie tipe lyn-dans gedoen. 

Hier is ’n paar videos: