Elke werk het sy voordele en nadele. Maar die beroepe hieronder is bes moontlik die lekkerstes ter wêreld. Kies tussen roomysproe vir ’n lewe of om ’n eiland te moet oppas. PLUS: Kyk watter 10 (meer realistiese) beroepe gesog is in Amerika.

1. Disney se “imagineers”

Dis die ingenieurs wat Disneyland se pretparke ontwerp en ontwikkel.

Vereiste: Gekwalifiseerde ingenieur

Plek: VSA en Asië

Salaris: R400 000-R1,7 miljoen per jaar

2. Ben & Jerry’s se geur-ghoeroes

Ben & Jerry’s is een van die wêreld se grootste roomysmakers. Hul span “geur-ghoeroes” ontwikkel en toets al hul nuwe roomyse. Jy sal elke dag verskeie roomyse moet proe!

Vereiste: Opleiding in voedselwetenskap

Plek: VSA

Salaris: R520 000-R2,6 miljoen per jaar

3. Professionele Netflix-kyker

Ja, mense word betaal om ure lank TV-reekse te kyk! Netflix-kykers moet programme in kategorieë indeel, kykervoorkeure ontleed en aan die hand daarvan voorstelle doen.

Vereiste: Geen spesifieke opleiding

Plek: By die huis

Salaris: Sowat R260 000 per jaar

4. Reisiger vir National Geographic

Agter elkeen van National Geographic se ikoniese programme is ’n span navorsers, vervaardigers, projekbestuurders en foto- en videograwe wat na die plek moet reis waar die program verfilm word.

Vereiste: Ervaring in die TV-bedryf

Plek: Enige plek ter wêreld – van Antartika tot die Amasone!

Salaris: R500 000 per jaar

5. Opsigter van ’n private eiland

Almal het al gedroom van ’n eilandvakansie, maar party mense kan heeljaar in ’n eksotiese paradys werk. Eilandopsigters werk vir skatryk mense wat private eilande besit.

Vereiste: Opleiding in gasvryheidsbestuur

Plek: Tropiese eiland

Salaris: R190 000-R1,5 miljoen per jaar

Bron: Goodnet


CareerCast het onlangs die top-10-beroepe in die VSA aangewys. Dis gekies op grond van verskeie faktore, soos vergoeding, moontlikheid vir groei en bevordering, stresvlakke en hoe harde werk dit is.

Die top-10-beroepe vir 2017 in die VSA is:

10. Spraakterapeut

9. Arbeidsterapeut

8. Sagteware-ingenieur

7. Wiskundige

6. Professor

5. Data-spesialis

4. Inligtingstelsel- of IT-spesialis

3. Sake-analis

2. Mediese bestuurder

1. Statistiese ontleder