Party mense is bang vir hoogtes, ander weer vir slange of spinnekoppe. Die meeste van ons het 'n heilige vrees vir iets, al is dit hoe irrasioneel. Maar het jy geweet sommige mense is bang vir bome of selfs kougom?

Hier's ons lys van 5 vreemde fobies:

1. Swinofobie

Dis 'n vrees vir varke. Die Britse ster Orlando Bloom ly glo daaraan.

2. Hilofobie

Jy't 'n vrees vir bome. Jy sal nie sommer in 'n woud gaan stap nie.

3. Chiclefobie

'n Vrees vir kougom. Iets waaraan die kletskoningin Oprah Winfrey glo ly.

4. Omfalofobie

Letterlik naeltjievrees. Lyers gril as iemand aan hul naeltjie vat of by die gedagte dat hulle aan iemand anders se naeltjie moet vat.

5. Nomofobie

Jy't 'n vrees om sonder selfoonsein te wees. Of om sonder jou selfoon te wees.

Klink dit bekend? Dalk is jy eerder bang vir vreemde woorde ... dan het jy xenoglossofobie.