Bitter min mense het al ooit die internet gebreek, en as dit wel gebeur, wonder ons altyd hoe hulle dit reggekry het. Toe dit vroeg in die nuwe jaar met die voormalige Mej. Suid-Afrika-finalis en deesdae model Marciel Hopkins gebeur, was dit egter nie moeilik om te verstaan hoekom mense van haar foto-inskrywing op sosiale media gehou het nie. Ons het Marciel gevra hoe dit gevoel het toe sy viral gaan – en ook oor die enkele negatiewe aanmerkings wat daar was.

"Viral" word deur Google beskryf as ’n video, prent of stuk inligting wat vinnig en wyd oor die internet versprei word. Marciel, wat al verskeie blogs oor liggaamsliefde vir ons geskryf het, het op 4 Januarie 2017 ’n foto met ’n boodskap daarby op Instagram en Facebook geplaas, min wetende dat dit oornag viral sou gaan.

Ons is nie verbaas nie. Marciel beklemtoon gereeld dat jy jou lyf moet liefhê ongeag jou gewig, en watter beter tydsberekening is daar vir so ’n boodskap as aan die begin van ’n nuwe jaar? Baie mense maak dan ’n lys voornemens wat behels dat hulle maerder wil word. Marciel glo in gesonde leefstyl eerder as maer-wees en honger ly.

Hier skryf sy vir ons hoe dit voel as soveel mense jou boodskap deel en jou ondersteun en jy, wel, viral gaan.

Na aanleiding van die dieet-en-maer-word-hype ná Nuwejaar het ek besluit om ’n boodskap te plaasoor die feit dat dit heeltemal okay is om gewig aan te sit (veral in die vakansietyd), al laat die samelewing ons glo dat dit ’n skande is. Ons lywe verskil en ons almal is uniek, en gesond-wees kom in verskillende vorms en groottes.

Ek het ’n foto geplaas van my gedurende Mej. SA in 2015 en hoe ek nou ná die kompetisie lyk. My doel was om mense te inspireer om nie al hul energie daarin te sit om maer te wees nie, maar om eerder daarop te fokus om gesond te wees. Die reaksie was oorweldigend!

Instagram kan ’n mens nog beheer in die sin dat mense like en comment en jy kan teruggaan na die oorspronklike post en interaktief wees daarmee. Dit gebeur egter baie min dat iemand jou "regram" of "share" op Instagram. Die viral-aspek van my inskrywing het op Facebook gebeur. Daardie selfde dag is dit 900 keer gedeel. Dit trek nou al by 3 100 shares en meer as 900 000 views, wat van ’n small town girl ’n redelike groot besprekingspunt maak.

marciel FOTO Instagram (@marcielhopkins)

Ek het só baie persoonlike boodskappe van mammas, meisies en ook mans gekry wat kon assosieer met my inskrywing en wou dankie sê vir my eerlikheid en die inspirasie wat dit bied. Dit het my twee dae geneem om te reageer op al die persoonlike boodskappe en kommentaar, maar dit was ongelooflik om te lees hoe baie mense moed en hoop uit my boodskap kry. Ek het boodskappe gekry van pa's wat sê hulle gebruik my as ’n rolmodel en wys my inskrywings vir hul dogters. Ek kry steeds daagliks boodskappe en dankies. Teen Saterdag (die boodskap is die Donderdag geplaas) het ek my foon vir die aand afgesit, want ek het onophoudelik boodskappe en notifications gekry. Ek het ’n blaaskans nodig gehad en ek wou kwaliteittyd saam met my kêrel spandeer. Die reaksie het beslis groot happe uit my kosbare data geneem, maar as dit mense positief beïnvloed het, is dit uit en uit die moeite werd! Daar was wel kritiek, alhoewel minimaal, van mense wat voel ek bevorder luiheid en ek haal aan: "Doen die fitness-industrie skade aan." Maar as hulle mooi gelees het, sou hulle gesien het ek sê:

Streef altyd daarna om die gesondste weergawe van jouself te wees en dat dit nie die moeite werd is om kos of jou liggaam jou vyand te maak nie.

Ek hoop my boodskap kan aanhou om mense te inspireer om hulself en hul uniek geskape liggaam te aanvaar.

Hier is die inskrywing wat viral gegaan het:

Lately I've received a number of messages around weightloss advice and questions about which diet I followed for Miss South Africa. I want to give you honest feedback: I never followed a specific diet, but I made drastic lifestyle changes and literally trained my butt off. The picture on the left was after 5 months of intense training and absolutely NO carbs, red meat or alcohol. Chocolates, cake and sweets were swear words! I trained 2 to 3 hours a day and I even worked cardio sessions in over weekends. My boobs shrunk 2 cup sizes and my period stopped. On this specific day of the picture, I got home, freezing after the shoot, and I had a baby apple for dinner. From the picture on the right, more than a year later, I want to say, it's NOT worth it to fight a daily battle with food or your body. Bodies are different, we can't all look the same. Instead of having #bikinibody unrealistic-nonsense-goals that are being spoonfed to us on a daily basis, strive towards being the healthiest and happiest version of yourself (mentally and physically). Don't fight against something that is part of who you are. Self acceptance is a relationship that you have to work on daily. Be sure to make your body your new best friend. Light and love! #bodypositive #bodypositivity #bodyconfidence #loveyourbody #dietculture #unrealisticgoals #bebodyaware #healthnotsize #beautybeyondsize #droptheplus #everybodyisbeautiful #swimwear #bikini #curves #iamallwoman

A photo posted by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on

Lees nou

Marciel skryf oor 2016: Ek’t gegroei

Marciel se laaste blog: Trane is goed

My lyf, my saak – Marciel Hopkins skryf