’n Slim hond het sy eie betaalmiddel geskep ... blare. 

Negro, die skattige swart hond, is die studente van die Diversified Technical Education Institute in Monterrey Casanare, Colombia, se gelukbringer. Hy hou wag oor dinge terwyl die studente klas draf. In ruil vir sy dienste versorg die kantoormense hom: Hy kry kos, water, aandag en ’n veilige slaapplek snags, berig The Dodo.

Studente het hom graag met koekies van die kafee op die kampus bederf, maar toe besluit hy om sake in sy eie uhm ... pote te neem. 

Die oplettende hond het gesien hoe die studente geld oorhandig en dan kos in ruil daarvoor kry. Toe daag hy eendag met ’n blaar in sy bek op, swaai sy stert en maak dit duidelik dat hy ’n koekie wil hê. Sedertdien doen hy dit elke dag. 

FOTO Facebook
FOTO Facebook

Só gaan dit nou al jare lank. Die kafeepersoneel maak seker hy kry ’n versnapering wat honde maar kan eet. Maar hy kry net twee per dag: Om inflasie van sy middel sowel as die blaar-geldeenheid te voorkom. 

Bykomende bron: Daily Mail