Eers is sy swanger en nou ... Is die Victoria's Secret-model Irina Shayk verloof aan die Oscar-benoemde Bradley Cooper? 

Die paartjie is berug vir hul privaatheid en praat nie maklik oor hul verhouding nie. Maar Irina is onlangs met ’n rots aan haar ringvinger gewaar, berig Vogue.

Irina se ring bestaan uit ’n dun bandjie met ’n ovaalvormige smaragsteen wat omring is met diamante. Dit lyk nes die ring van die hertogin van Cambridge, Kate Middleton. Kate s’n bevat net ’n blou saffier pleks van ’n smarag.

Kyk net dié twee ringe:

Irina se ring

FOTO Twitter / @ELLEMagazine FOTO Twitter / @ELLEMagazine

Kate se ring

Irina het vroeër vanjaar met ’n bababoep op die loopplank verskyn, nogal by die Victoria's Secret Fashion Show van alle plekke.

Volgens E! News  was Irina se babamagie duidelik sigbaar op die glanstapyt vóór die modevertoning. Maar al die uitrustings tydens die vertoning het haar magie gedeeltelik bedek.

Irina en Bradley het in 2015 begin uitgaan kort nadat sy haar verhouding met die sokkerster Cristiano Ronaldo beëindig het.

Lees nou

Uitgevang: Prins George maak al sy presente oop

Margot Robbie stilletjies getroud

Vakansiebui: Ons gunsteling-Kersfeesadvertensies