Sekerheidskenners het verlede week ’n ernstige waarskuwing gerig aan almal wat gmail-rekeninge gebruik. Verskeie mense is ’n rat voor die oë gedraai in wat die span by WordFence bestempel as een van die mees gesofistikeerde vorms van uitvissing (phishing) wat hulle nóg gesien het. En dit kon moontlik met jou e-pos ook gebeur het.

Dís hoe jy in die slaggat trap:

’n Gmail-gebruiker ontvang ’n e-pos met ’n aangehegte pdf-dokument. Partykeer is dit selfs onder die naam van een van die gebruiker se vriende of kennisse. Wanneer die persoon die pdf-dokument oopmaak, neem dit hom na ’n webblad wat op ’n haar na die gmail-aantekenblad lyk, maar dis die sogenaamde phishing-blad.

Nadat jy "aangeteken" het, word al jou aanmeld-inligting gekopieer en gebruik om op jou regte gmail-rekening aan te meld. Daarna gaan die skelms deur al jou e-posse (die wat jy gestuur én ontvang het), en só word die slenter herhaal, maar hierdie keer onder jou eie naam.

Dit gebeur baie vinnig en jy kan vir lank salig onbewus wees daarvan. Wat kenners die meeste bekommer is dat Google se HTTPS-sekerheidswaarskuwings nog nie deur hierdie slenter geaktiveer is nie, hoewel hulle daaraan werk.

https://accounts.google.comis die enigste vorm van die URL wat Google sal gebruik – wees dus versigtig as jy enigiets anders voor die accounts.google.com-deel sien.

Lees nou

Wat laat jou kies in ’n restaurant?

Bruce Springsteen stoei elke dag met depressie

Dié ster lyk onherkenbaar!

Springbok Jan Serfontein se Lani nou model