Die inskrywings vir Kokkedoor 2014 is nou oop! Kry die besonderhede hier...

Het jy 'n hart en 'n passie vir kook? Soek jy 'n kans om jou talent en kos-kennis met Suid-Afrika te deel? Skryf dan in vir die tweede seisoen van Kokkedoor!

kykNET soek die volgende onthoukok - iemand wat kook met passie, uit die hart sonder enige formele opleiding; asook die volgende kinkelkok wat 'n opgeleide kok is.

Klik hier om die inskrywingsvorm te kry. Inskrywings sluit 12 September 2013

Kokkedoor is een van die beste televisie-reekse en het een van SA se mees geliefde onthoukokke opgelewer - Tannie Poppie. Dié tannie het vinnig ons almal se gunsteling ouma met die koskennis geword. Nou deel sy haar geheime met SARIE KOS én gee haar eie resepteboek uit!

Klik hier om te sien waarmee Tannie Poppie besig is in die nuwe SARIE KOS

Die kinkelkok Tiaan van die eerste reeks het reeds sy eie Chef Tiaan-kosreeks en toer die land om sy kos-passie met almal te deel.

Is jy die volgende Kokkedoor? 

HIERONDER is 'n video in die nuwe SARIE KOS-reeks "Barbara gesels ...". Hier gesels SARIE KOS-redakteur Barbara Joubert met Tannie Poppie:

SARIE KOS NOU OP DIE RAK!Hierdie uitgawe het net die lekkerste resepte! Iets vir alle sjokoliste, 'n lambsboud in Schalk Burger sr. se rooiwyn, en 6 heerlike kaaskoeke! PLUS: Kokkedoor se Tannie Poppie kook nou vir ons! Sy deel haar Sondag-spyskaart.

Loer hier binne dié prag-uitgawe!

Klik hier om die inskrywingsvorm te kry. Inskrywings sluit 12 September 2013