Die ou Egiptenare het in hiërogliewe geskryf, en nou, eeue later, gebruik ons weer allerlei simbole soos gesiggies en hartjies om ons boodskappe oor te dra.

Wat is ’n WhatsApp sonder ’n emoji? Emojipedia het onlangs meer as 150 nuwes goedgekeur sodat ’n seekoei, papegaai of huishoudelike item soos ’n besem, koekie seep en toiletpapier deel van jou boodskap kan wees. Vir die somer is daar die perfekte een: ’n Muskiet!

FOTO Instagram

As jy rooi of krulhare het, gaan jy beslis feesvier, want jy is nou ’n emoji! Hare poenskop geskeer? Jy is daar!

Die nuwe emoji's bring die totaal op meer as 2 000 te staan. Die idee is om alles en almal op die ou end te betrek.

Maar moenie te vinnig opgewonde raak nie, want dit gaan dalk ’n tydjie neem voor dit op jou slimfoon verskyn. Hoe so? Apple, Samsung, Google en Microsoft moet eers hul lyste opgradeer.

FOTO Instagram

Volgens Business Insider kan verbruikers later vanjaar dit op hul fone begin sien.

Tot dan kan ons droom van daai muskiet wat in ons WhatsApp zzzzzzzzzzzoooooooem.