Internet-veiligheid moet vir jou net so belangrik wees soos om jou motordeur te sluit. En nes jou motordeur wat kan sluit, kan jy ook jou inligting en jou privaatheid beskerm met die regte wagwoorde.

Volgens Keeper Security, ’n maatskappy wat met wagwoord-sekuriteit werk, was dít die mees algemene wagwoorde in 2016.

123456

123456789

qwerty

12345678

111111

1234567890

1234567

password

123123

987654321

Is dit ook jóú wagwoorde? Dan moet jy vinnig ’n plan maak, want dis makliker vir kuberkrakers om toegang tot jou inligting te kry as jou wagwoord voor die hand liggend is!

WENK: Probeer om nie volledige woorde te gebruik nie, gebruik hoofletters, kleinletters, syfers en diakritiese tekens.

Bron: Keeper Security & Huffington Post

Lees nou

Is daar met jou gmail gelol?

Bly só veilig op die internet

Wees veilig by die kitsbank!