Al ooit gewonder wat in jou hond se kop aangaan? Blykbaar baie. Wagter kan tot jou gedrag beoordeel! ’n Nuwe studie, waarvan die bevindings in die wetenskapsjoernaal Neuroscience & Biobehavioral Reviews gepubliseer is, dui daarop dat honde en apies in staat is tot "sosiale beoordeling". Hulle kan glo agterkom wanneer iemand gaaf en behulpsaam is teenoor ander mense. 

Die studie is deur die Kyoto-universiteit in Japan onderneem. New Scientist berig gedurende die studie sit twee akteurs voor ’n apie of hond. Akteur 1 sukkel kamstig om ’n houer waarin ’n speelding gebêre is, oop te maak. Hy gee dan die houer vir akteur 2 aan sodat dié kan help. Akteur 2 bied óf hulp aan en maak die houer oop, óf hy weier om te help.

Hierna bied albei akteurs kos aan vir die hond of apie. As akteur 2 in die voorafgaande scenario behulpsaam was, gee die diere nie om uit wie se hand hulle eet nie. Maar as akteur 2 hulp geweier het, wil hulle eerder uit akteur 1 wat gesukkel het, se hand eet!

Kyk die video van nog ’n toets wat die wetenskaplikes gedoen het:

Lees nou

Marita van der Vyver oor haar Misverstand

Lyk skraal in ’n T-hemp

‘Dr Tertius Jonker’ sing mooi