Terwyl die hemele oor groot dele van die land oopgeskeur het, het die Kaap net nog verder verdor. Die winde waai, maar bring geen reën nie. En al wat styg, is die vlak van waterbeperkings.

Die res van die land bloei vir die Kaap. Pas het 'n danser van Joburg Ballet 'n reëndans op die kurkdroë oewer van die Theewaterskloofdam opgevoer. Kitty Phetla, 'n senior solis van die geselskap, het nie net die danspassies nie, maar ook die ongelooflike choreografie geskep.

SKERMGREEP YouTube

Die kort ballet is deur die reëndans van die Balobedu-stam se modjadji, oftewel reënkoningin, geïnspireer. Sedert die laaste modjadji in 2005 gesterf het, is nog geen opvolger vir haar gekroon nie. Die volgende een, Masalanabo, sal eers in 2023 die kroon kry wanneer sy 18 jaar oud word. 

Kyk net die pragtige dans hier: