Ruimtevaardiger, politikus, held. John Glenn is Donderdag, 8 Desember, in die ouderdom van 95 oorlede.

1. Op 1962 het hy die eerste Amerikaanse ruimtevaarder geword wat rondom die aarde wentel. Hy het drie keer om die aarde gesirkel.

Kyk die videogreep:

2. Die Hollywood-fliek Hidden Figures, wat binnekort uitgereik word, vertel die ware verhaal van drie swart vroulike wetenskaplikes wat verantwoordelik was vir Glenn se tog in 1962. Glenn het daarop aangedring dat een van die vroue, Katherine Johnson, die laaste berekeninge doen voordat hy met sy geskiedkundige ruimtevaart begin het. Lees die ongelooflike storie hier.

Kyk die lokprent hier:

3. Glenn was tot met sy dood getroud met sy vrou, Annie. Hulle was vir 73 jaar getroud en het twee kinders gehad.

4. Hy het tydens die Tweede Wêreldoorlog 90 vlugte as vegvlieënier onderneem.

5.  Glenn is tot nou die oudste mens wat in die ruimte gereis het - hy was 77 jaar oud met sy vaart op 29 Oktober 1998.

Bron: CNN

Lees nou

Hunter van Heuwels se zucchini-wiggies

4 goedvoelstories vir Vrydag!