Is jy al sokkerslim?
Ken jy die onkantreël? Is Ronaldo die rykste sokkerspeler ter wêreld?

Ken die wêreldbeker-liedjies:
Waka Waka, Shakira & Freshlyground
Wave your flag, K'naan
Marching to Mzansi, Jamali

Ken dié name:
Cristiano Ronaldo (Portugal)
Kaká (Brasilië)
Lionel Messi (Argentinië)
Didier Drogba (Ivoorkus)
Michael Ballack (Duitsland)
Cesc Fabregas (Spanje)
Seol Ki-Hyun (Suid-Korea)
Landon Donovan (VSA)
Samuel Eto’o (Kameroen)

Sokkerkalender

Sokkerkalender: Wie speel waar en hoe laat? Wie't gewen? 

Hier's 'n baie nuttige sokkerkalender vir die volgende maand. Klik net op die tyd, land, wedstryd...

 

Resepte vir 'n sokkerfees!

Dit klink of die buitelanders omtrent smul aan ons eg Suid-Afrikaanse "reënboog-cuisine", met bobotie glo heelbo aan die lys! By sarie.com het ons 'n paar resepte spesiaal vir jou en jou gaste uitgekies om dié wêreldbeker so kuier-kuier in te gaan.

Kry resepte van regoor die wêreld plus 'n paar SA gunstelinge soos

Braaibroodjies

Paptert

Skaapstertjies

Skilpadjies

Boerewors-frikkadelle met tamatiesous

Sousboontjies

Gebraaide boerewors en kapokaartappel

Gevulde vetkoek

 
&aposn Bunny chow
Vuvuzelas

Vuvuzela - 'volkshoring'

Die woord beteken “koedoehoring” en dis tradisioneel gebruik om vergaderings aan te kondig of om stryders te roep om te veg. Maak só met die vuvuzela voor jou mond: Druk jou lippe toe – ou hulle toe. Blaas so hard jy kan tot jou wange bol. Lig jou lippe in die middel effens van mekaar en laat die lug daardeur vibreer. Aanvanklik sal dit onaards klink. Die kinders en honde sal dalk begin huil. Maar hou aan. Mettertyd sal jou lippe alle gevoel begin verloor. Wanneer jou ore toetentaal tuit en jou man dreig met egskeiding, sal jy weet jy is reg om jou sitplek by ’n groot sokkerwedstryd in te neem. Die desibel-vlak van ’n enkele vuvuzela is 140 – gelyk aan dié van ’n geweerskoot of klapper.Die vlak van ’n paar duisend vuvuzelas in die drukpot-atmosfeer van ’n vol stadion is 140 x 109– gelyk aan die klank van 60 straalvliegtuie wat opstyg!